Sarah het toe sy 12 jaar oud was haar lewe ten volle verbind aan haar Eerste Liefde,Yeshua. Sy
het haar lewe toegewy om Hom te soek, om na Sy stem te luister en om die Bruid van Yeshua
voor te berei vir die tyd wanneer Hy die basuin gaan blaas. 'n Intense snoei proses en dieper
heiligmaking van haar hart deur Abba 3 jaar gelede was die aanduiding van die aanbreek van 'n
nuwe seisoen. Alhoewel die tydperk haar op reis deur 'n "padlose wildernis";geneem en sy
die "koudste winter"; ooit beleef het, was die seisoen op 'n kritieke doelwit gemik - Yeshua was
besig om haar nader aan Hom te trek.
In hierdie boek deel Sarah die hoofstukke van haar lewensverhaal - die stryd, gebrokenheid,
seer en dan ten slotte die heelheid wat sy tydens die brutale, dog noodsaaklike proses ontdek
het. Om te groei was dit nodig dat Heilige Gees die werklikhede in haar lewe omskep in areas
van dieper fokus instede daarvan om slegs elke dag doelloos voort te gaan. Die hartsdoel van
hierdie boek is om die sleutel op te neem waarna Yeshua in Luk.10:42 verwys het toe Hy vir
Maria gesê het dat sy die "goeie deel" gekies het wat nie van haar weggeneem kan word nie.
As die buid van Yeshua begeer ons 'n pad van nabyheid en vriendskap met Abba. Dit is dus
krities noodsaaklik dat ons ook die "goeie deel"; ons eie sal maak.
R150.00Price